Ons Staan Saam
Getrou aan sy visie het die gemeente oor die afgelope 50 jaar daarin geslaag om ‘n dinamiese en groeiende tuiste te wees deur Christus se lig te laat skyn in ‘n gebroke wêreld. As bewys hiervan het die gemeente deur Jesus se liefde, die volgende projekte binne, asook buite die gemeentegrense geloods en is steeds besig met sommige van hierdie projekte.
Broodjieprojek
Broodjieprojek waarby verskeie spanne gedurende die eerste helfte van die jaar toebroodjies voorsien aan Joshua Naude Laerskool.
Vrydagkombuis
Koskasprojek
Koskasprojek waar gemeentelede geleentheid gebied word om op die eerste Sondag van elke maand ‘n bydrae in die vorm van nie-bederfbare voedsel tot die koskas te maak. Van hierdie voedsel word aan behoeftiges binne die gemeentegrense voorsien, maar daar word ook op ‘n gereelde basis in die voedselbehoeftes van NG Welsyn voorsien.
Kombersprojek
Kombersprojek waar fondse in die gemeente ingesamel, komberse aangekoop en dan aan NG Welsyn geskenk word. Hierdie projek word aan die begin van elke winter geloods en die afgelope aantal jare is fondse ingesamel waarmee ons tussen 70 en 100 komberse per jaar aan NG Welsyn kan skenk.
Papierprojek
Papierprojek is ‘n fondsinsamelingsprojek waar gemeentelede ou koerante en papier kerk toe bring waar dit versamel word en dan aan ‘n papierherwinningsmaatskappy verkoop word. Inkomste word gebruik vir die ondersteuning van sendelinge in en buite ons landsgrense, tot so ver as Sjina.
Klereprojek
Getuienis
Biblioteek
Kom besoek gerus ons Christelike Biblioteek in die Kerksaal na die oggenderedienste, met uitstekende boeke en ‘n paar DVD’s en CD’s.
Being a Christian is more than just an instantaneous conversion – it is a daily process whereby you grow to be more and more like Christ.
Darkness cannot drive out darkness; only light can do that. Hate cannot drive out hate; only love can do that.
God cannot give us a happiness and peace apart from Himself, because it is not there. There is no such thing.